Koshuishoof

'n Woord van die Koshuishoof

Bittermin kan 'n Sonopper wees


Koshuishoof - Tonie Viljoen

So lui een van die reels in Sonop se huislied getiteld Zoem Garrilbaldi.

En hoe waar is dit nie!

Sonop is die kleinste manskoshuis op die Tukkiekampus met plek vir slegs 160 inwoners teenoor die ander UP koshuise se 300 plus inwoners. Slegs tussen 40 en 50 eerstejaars word jaarliks hier toegelaat teenoor meer as 100 by die ander koshuise.

Moet egter nie dink dat die klein inwonertal Sonoppers ontneem van deelname, dinamiek en prestasies op die Tukkiekampus nie!

Kyk maar net na ons gelukbringer Garribaldi. Hyself staan maar sowat 'n halwe meter hoog in sy skoene, maar straal 'n vasberadenheid uit waarmee hy wil se: Ek is klein maar getrein. Moet my nie onderskat nie - jy sal jou riemie styfloop.

Sy gevoude arms en vasberade gesigsuitdrukking druk 'n gedagte van Churchill baie beter as uit Churchill self: We shall fight them on the hills, we shall fight them in the valleys, we shall fight them on the beaches, we shall never surrender.

Sonop se argief vol fotos, trofees en toekennings getuig van hierdie klein mannetjie se klein Sonopbrigade wat gereeld die oormag UP manskoshuise die stryd aanse en as oorwinnaars uit die stryd tree.

Geniet die webblad waarop jy nou is - neem 'n "elektroniese" reis deur Sonop se 95 jaar se bestaan vol van tradisies en prestasies - 'n unieke verblyfplek in die boomryke Brooklyn en skaars 'n kilometer van die hoofkampus van die Universiteit van Pretoria.

En sou jy belangstel om aansoek te doen - doen dit dadelik!

Onthou ...... Bittermin kan 'n Sonopper wees!

Sonopgroete,

Tonie Viljoen : Koshuishoof