Sport

Sonop is, ten spyte van sy klein getal inwoners, ook een van die sterkste koshuise op die Universiteit se sportvelde. Sonop het 'n wenkultuur en word gekenmerk as 'n groep sportmanne met buitengewone lojaliteit en sportmangees! Ons neem ook aan 'n wye verskeidenheid sportsoorte deel naamlik:

Rugby, Sokker, hokkie en ander

Aangesien Sonop 'n paar netjiese grasperke het is dit vir die Sonoppers moontlik om allerlei sosiale sportsoorte op die perseel te beoefen. Daar is byvoorbeeld gereeld 'n touch-rugby  of krieketwedstryd op die weste- of noordegrasperk, padkrieket in die ooste, of 'n vlugbalwedstryd op die tennisbaan.

Tydens eksamentye is daar 'n interne vlugbal liga waar die verskillende streke en eerstejaars teen mekaar meeding om die jaarlikse vlugbal wisseltrofee. Die toernooi sorg elke jaar vir naelbyt aksie en spanning.

Sonop is die enigste koshuis in die land wat kan spog met sy eie tennisbaan, nuut geboude krieketnette en muurbalbaan waar Sonoppers enige tyd van die dag kan speel en oefen. Ons sal ook in 2017 kan spog met ons eie gimnasium.

By muurbal is daar ook 'n interne kompetisie, spelers daag mekaar gereeld uit om hul posisie op die ranglys te verbeter.